Die oplettendheid van ‘n huishulp, gekoppel aan die blitsige reaksie van die Kleinmond SAPS en ASK Cape Watch Security, het ‘n inbraak by ‘n huis in Bettiesbaai Vrydagmidddag, lelik skeef geloop.

Ongeveer twaalf minute voor twee het mev. Engelbrecht van Seaview Drive, ‘n oproep van haar huishulp ontvang nadat sy ‘n verdagte man met ‘n bondel klere in hulle erf opgemerk het. Mev. Engelbrecht het onmiddelik haar eggenoot gekontak en die voorval by die plaaslike poliesiekantoor aangemeld.

Met die aankoms van mnr. Engelbrecht op die toneel omstreeks 14h15, was Michael van ASK Security sowel as die polisie reeds daar. Die huishulp kon aan hulle ‘n beskrywing van die verdagte gee en die rigting aandui waarin hy verdwyn het. Die polisie het dadelik begin soek en die verdagte met die bondel gesteelde goedere betrap.

Nadere ondersoek het getoon dat hy by die kelder ingekom het en mev. Engelbrecht reken dat die goedere wat hulle vantevore vermis het, waarskynlik ook op daardie manier uit hulle huis verwyder is. Beide mnr en mev Engelbrecht het spesiaal hulle dank en waardering vir die vinnige reaksie en optrede van die SAPS- Kleinmond sowel as die betrokke sekuriteitsfirma, teenoor die Observer uitgespreek.

NEWS

A collection of articles involving security and police response in the Overberg region.

Security Tips

Find useful tips and techniques for growing a safer and more secure lifestyle.

Newsletters

Stay up to date with news and developments within ASK Security.